Darwinvinke

Darwinvinke
Groot grondvink, medium grondvink,
klein boomvink, olyfbossangervink
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Geospizinae
Genera

Geospiza
Camarhynchus/Platyspiza
Certhidea
Pinaroloxias

Darwinvinke (ook bekend as galápagosvinke) is ’n groep van sowat 15[1][2][3] spesies sangvoëls.[4] Hulle is bekend vir hul groot verskeidenheid snawelvorms en -funksies.[5] Hulle word dikwels as die subfamilie Geospizinae geklassifiseer, of as die tribus Geospizini. Hulle behoort tot die familie Thraupidae en is nie naby verwant aan die ware vinke nie. Hul naaste bekende verwant is die Suid-Amerikaanse Tiaris obscurus.[6] Hulle is die eerste keer deur Charles Darwin op die Galápagos-eilande versamel tydens ’n besoek aan die gebied. Buiten die kokosvink, wat van Kokoseiland is, word die voëls net op die Galápagos-eilande aangetref.

Die term "darwinvinke" is in 1936 die eerste keer deur die Engelse ornitoloog Percy Lowe gebruik, en in 1947 gewild gemaak deur die Britse bioloog David Lack in sy boek Darwin's Finches.[7][8] Lack het sy ontleding gebaseer op ’n groot versameling museumvoorbeelde wat in 1905-'06 tydens die Galápagos-ekspedisie van die Kaliforniese Akademie van Wetenskappe versamel is. Die voëls se grootte wissel tussen 10 en 20 cm en hul gewig tussen 8 en 38 g. Die kleinstes is die bossangervinke en die grootste een die vetariese boomvink. Die belangrikste verskil tussen die spesies is die grootte en vorm van hul snawels, wat uiters goed aangepas is by verskillende kosbronne. Die voëls is almal vaal.

In ’n studie wat oor 40 jaar gedoen is deur die navorsers Peter en Rosemary Grant van die Princeton-universiteit, is mikro-evolusieveranderings in snawelgroottes aangeteken wat beïnvloed is deur El Niño/La Niña-siklusse in die Stille Oseaan.[9]

  1. http://www.nature.com/news/darwin-s-iconic-finches-join-genome-club-1.16896
  2. http://www.uu.se/en/media/news/article/?id=4166.
  3. http://rstb.royalsocietypublishing.org/content/365/1543/1093
  4. Grant & Grant 2008, p. 3
  5. Podos, Jeffrey; Nowicki, Stephen (2004). "Beaks, Adaptation, and Vocal Evolution in Darwin's Finches". BioScience (in Engels). 54 (6): 501. doi:10.1641/0006-3568(2004)054[0501:baavei]2.0.co;2.
  6. Sato, Akie (2001). "On the Origin of Darwin's Finches". Oxford.
  7. Lack, David. 1947. Darwin's Finches. Cambridge University Press (in 1961 heruitgegee deur Harper, New York; in 1983 heruitgegee deur Cambridge University Press). ISBN 0-521-25243-1
  8. Steinheimer 2004, p. 300
  9. Lewitt, Dan. "Galapagos Finch Evolution – Dan Lewitt – HHMI (2013)". Besoek op 6 Junie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search